News

Vroue se handsakke in nag by gewilde oord gesteel

’n Waarskuwing op Facebook, dat drie vroue in hul chalet aangehou is, is vals sê De Voetpadkloof se bestuur.

Piet Viljoen het op Facebook gesê dat sy ma, Lenie (79), en twee van haar vriendinne in hul chalet aangehou en beroof is. Dit is ’n bogstorie sê Koos Kleinsmith, bestuurder by die gewilde vakansieoord.

Lees ook: Dief los bloed toe hy by kar inbreek en homself beseer

“Dit was ’n doodgewone inbraak wat enige plek kon gebeur. Daar was niemand aangehou nie en daar is nie wapens betrokke nie so dit is nie ’n roof nie,” sê mnr. Kleinsmith.
Hy sê dat ’n inbreker toegang tot een van die chalets gekry het deur ’n venster uit te haal en toe met die vroue, wat in die chalet geslaap het, se handsakke vort is.

Lees ook: Boef laat baadjie val toe hy vlug

Mnr. Kleinsmith sê dat die saak tans deur die polisie ondersoek word en dat daar goeie leidrade gekry is wat hulle kan bystaan om die skuldige vas te trek.

Hy sê dat De Voetpadkloof steeds veilig is vir besoekers.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button