News

Seuns wees gelaat na verlamde pa skielik sterf

'n Man wat op 22 Maart in 'n ongeluk verlam is, is skielik dood.

Trevor Roberts, wat vir Henred-Freuehalf gewerk het, is verlam nadat die bakkie wat hy gery het se wiel vermoedelik gebars het en hy teen ‘n boom gebots het naby Duvha Kragstasie.

Hy was in die Milpark Hospitaal in Johannesburg versorg. Dokters het sy familie voorberei dat hy verlam sou wees van die middellyf af. Dit het egter baie goed gegaan met mnr. Roberts voor hy dood is.

Sy kinders en ma het verlede Woensdag vir hom gaan kuier.

“Hy het gelag en grappies gemaak,” vertel Caroline Herbst, mnr. Roberts se ma.

Sy was uit die veld geslaan toe dokters haar die volgende oggend bel om te sê dat haar seun dood is aan ‘n hartaanval.
Mnr. Roberts se twee seuns, wat 17 en 11 jaar oud is, is wees gelaat. Hul ma is drie jaar gelede oorlede.

Lees ook: Man verlam na wiel bars

Sy huidige vrou, Suzette, het na sy seuns en haar eie twee kinders omgesien sedert die ongeluk. Sy is egter werkloos en spook om kop bo water te hou.

“Ek het vir die seuns gesê hulle moet besluit wat hulle wil doen. Ek is meer as bereid om hulle te vat. Die oudste het nou die aand vreeslik gehuil en geskree. Ons moes vir hom kalmeerpille gee. Dit is ‘n vreeslike slegte situasie,” vertel me. Herbst.

Hy laat sy twee seuns, sy vrou, twee stiefkinders, vier broers sowel as sy ma en stiefpa agter.

Mnr. Roberts se begrafnis sal Donderdag 16 Mei om 11:00 vanuit Solid Ground Church in Middelburg plaasvind.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button