News

KYK: Twee vas na hoëspoed jaagtog

’n Lid van Vossies Sekuriteit op Belfast het op ’n stadium 190km/p/h gejaag om by ’n voertuig te bly wat vroeër die dag in Lydenburg gesteel is.

Op die videomateriaal kan gesien word hoe die verdagtes gearresteer word, kort nadat hulle in Carolina gearresteer is.

Vossies Sekuriteitsoffisier Paul Venter het vertel van die hoëspoed jaagtog en suksesvolle arrestasie.

Hy sê dat hulle omstreeks 15:30 ’n noodroep van mnr. James Vermeulen (sekuriteitsoffisier, Phoenix Sekuriteit) ontvang het dat hy ’n verdagte voertuig agtervolg op die Dullstroom/Belfast pad, wat teen ’n geweldige hoë spoed in die rigting van Belfast beweeg.

Die voertuig, ’n wit dubbelkajuit Ford Ranger bakkie, het van Lydenburg se kant af gekom en het ’n EC (Oos-Kaap) registrasienommer gehad.
Die registrasienommer is nagegaan en is laat weet dat die voertuig vroeër daardie dag in Lydenburg gesteel is.

Mnr. Venter het die voertuig vanaf Belfast ingewag en agtervolg en intussen vir ondersteuning ingeroep.
Hy het Vossies Sekuriteit in Carolina laat weet dat die voertuig op pad is daarheen.

“Ek moes die hele tyd tussen 180 en 190 km/p/h ry om naby die voertuig te bly,” vertel mnr. Venter.

By die ingang van Carolina het lede van Vossies Sekuriteit, asook die Carolina Polisie en verkeer die voertuig ingewag en van die pad gedwing.

•Twee verdagtes is gearresteer. Hulle sal later vandag in die hof verskyn op klagtes van voertuigdiefstal.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button