News

Geskiedkundige geboue een na die ander afgebreek

Sakemagnaat Anton Rupert het gepleit vir die behoud van die geskiedkundige gebou waar die “Vader van die Gemeenskapspers”, Oscar Henry Frewin in Kerkstraat op Middelburg gewerk het. ’n Pragtige gewelgebou.

Helaas, die gebou het voor ontwikkeling geswig en vandag is dit ’n onaantreklike gebou wat leeg staan.
Soos ’n domino het die geboue langs die Frewin skatkis geval.

Ons dorp se grootste baken, die Witkerk, waarom die dorp gebou is.

So is een na die ander geskiedkundige gebou oor die jare met die grond gelyk gemaak.

•Die ou Blake House.

•Die pragtige munisipale gebou wat in 1902 opgerig is.

•Die Ebenhaezer kerkskool.

•Die Oaks gebou waar Botha en Kitchner volgens oorlewering samesprekings gevoer het om die oorlog te beëindig. Dit is later as koshuis vir Hoërskool Middelburg se meisies gebruik.

Die ou Kerkstraat, nou Walter Sisulustraat, waar ou geboue plek gemaak het vir nuwe ontwikkelings.

Boonop is die internasionaal gesogte terreinmuseum, Botshabelo, aan grondeisers gegee en die verval van dié toevlugsoord is skokkend.

Daar was ook suksesverhale soos die landdrosgbou wat in 1908 ingewy is en vanaf hierdie week die hooggeregshof se personeel huisves.
Die huis waarin OH Frewin gebly het is behou en word nou as restaurant gebruik.

Die Frewin gebou wat plek moes maak vir Pick ’n Pay.

Die huis waar die Engelse garnisoen in Viljoenstraat gebly het is ’n gastehuis.
Die stryd om die behou van die dorp se natuurskatte duur voort.

’n Pragtige ou wit huis in OR Tambostraat 23 wat meer as honderd jaar oud is word stuk vir stuk afgebreek.

Wat oor is van die eens pragtige ou huis in OR Tambostraat 23. Dié huis is ouer as 100 jaar.

Toe www.mobserver.co.za die eienaar nader het hy gesê: “Dit is mý eiendom en ek kan maak met hom wat ek wil.”
Mnr. George Masanabo sê hy weet nie waaroor die bohaai gaan nie.

Dié huis is gelys by die Suid-Afrikaanse Erfenisstigting, omdat hy oor sy ouderdom argitektonies geskiedkundig is. Volgens wet mag huise ouer as 60 jaar nie afgebreek word nie en moet daar spesiaal by die Erfenisstigting aansoek gedoen word as so ‘n gebou gesloop of heeltemal verander wil word.

’n Duitse onderwyser van Hoërskool Middelburg, ‘n ene mnr. Wenold, het vir meer as 45 in dié huis gebly.

Die “Oaks” Meisieskoshuis in 1925.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button