Kar was toe nié gesteel
Die insittendes van ’n Ford Ranger bakkie wat Woensdag met ’n hoë spoed vanaf Lydenburg se rigting deur Belfast gejaag en in Carolina voorgekeer is, is laat gaan.

Lede van Phoenix en Vossies Sekuriteit het die bakkie probeer stop in Belfast, maar die voertuig het net voortgejaag en alle verkeersregulasies oortree deur oor stopstrate teen ’n hoë spoed te jaag.
Lees ook: KYK: Twee vas na hoëspoed jaagtog
In Carolina is die voertuig deur verkeers- en polisielede gestop en het die polisie die voertuig en die insittendes deursoek.
Inligting wat aan www.mobserver.co.za deurgegee is dat die voertuig gesteel is in Lydenburg, is deur die polisie nagegaan en is gesê dat die voertuig nié gesteel is nie.
Na die deursoeking is die insittendes van die voertuig laat gaan.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
