News

Voorwaarts met kuns as skoolvak na argitektuur, beeldende en visuelekuns studies

Kuns op skool gaan nie net oor prentjies teken sodat jy eendag as sukkelende kunstenaar jou skilderye probeer verkoop nie.

HTS Middelburg se kunsjuffrou, Tertia Dickason, sê dat kuns leerlinge leer om analities en drie dimensioneel te dink en om probleme op te los. Iets wat handig te pas kom indien jy selfs ’n ingenieurs rigting wil gaan swot, meen sy.

Drie kunsprojekte wat deur Graad 12 leerlinge ingehandig is, onder die departementele onderwerp “water”, gaan ook nie net oor die eindproduk nie maar oor die denkproses van elke kunstenaar om daarby uit te kom.

Juffrou Dickason het in haar kunsheiligdom, by ’n skool wat tradisioneel meer vir tegniese vakke bekend gestaan het, met haar leerlinge gespog.

 

Pelani se kunswerk met die tema “Doop”

• Pelani Sambo pak volgende jaar haar studies in beeldende kuns aan. Sy het vir haar projek doop as fokuspunt gebruik drie bakke gemaak, elkeen aan mekaar gekoppel met ’n ketting. Binne in elke bak het sy op lap geteken.

Pelani Sambo

Die eerste bak wys ’n baba wat gedoop word, die tweede bak ’n volwassene waet gedoop word wat wys hoe jy jouself van jou sondes kan was en die derde wys die lewe nadat jy gedoop en van sonde bevry is.

Anja Erasmus voor haar skilderye.

• Anja Erasmus beplan om visuele kuns te gaan swot. Haar kuns projek bestaan uit drie skilderye wat elk ’n verskillende oseaan uitbeeld. Voor die skilderye staan daar ’n skip beeld wat van geroesde yster gemaak is.

Anja by haar skip.

Mej. Erasmus sê dat sy ’n emosie of effek op haar lewe en persoonlikheid aan elke skildery gekoppel het. Die Stille Oseaan beeld druk uit en is ’n skildery van ’n stormagtige see. Die Atlantiese Oseaan beeld hartseer uit en is ’n skildery van ’n byna golwelose see. ’n Skildery van ’n golf wat van vorm verander beeld die Indiese Oseaan uit en verteenwoordig verandering.
Mej. Erasmus sê dat druk, hartseer en verandering ’n defnitiewe effek op haar lewe het, en dat die skip wat geroes is uitbeeld hoe dit haar lewe verweer.

Pierre Joubert by een van sy sketse.

• Pierre Joubert gaan volgende jaar argitektuur studeer. Hy sê dat sy projek deur suurstof en waterstof verbindings geinspireer is. Die tweegesiggod Janus wys volgens hom hoe mense eintlik uit meer sleg as goed bestaan. Maar dan kom die Messias en maak alles wat sleg is goed.

Pierre se kunswerk

Hy sê dat hy sketse van ’n mooi vrou gemaak het om uit te beeld dat mense eintlik vals is en dikwels die beste voetjie voor sit.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button