News

Hof tolk gearresteer na hy glo instem tot omkoopgeld

Daar is nog ’n kinkel in die kabel van die omstrede veediefstalsaak wat tans in die Breyten Landdroshof draai, nadat die tolk in die saak gearresteer is.

’n Prokureur van Pretoria en vier ander word aangekla van die diefstal van meer as 100 beeste.

Jan-Spruyt Steenkamp, Cornelius Johannes van der Walt, Lucas Magagula, Sibusiso Mabuse en Vusi Mhlongo is in ’n lokval op die plaas Kromdraai in die Breyten omgewing gearresteer.

Dit nadat ’n veiligheidsmaatskappy van Ermelo, ACSU, die vermeende veediewe saam met boere voorgelê het. Hulle is vasgetrek nadat twee trokke reeds vol beeste gelaai was en daar besig was om ’n derde trok te laai.

Lees ook: Prokureur en ander veediefstal verdagtes geïdentifiseer

Die vyftal beskuldigdes het eers in die Ermelo Landdroshof verskyn waarna die saak na Breyten verwys is vir hul formele borgaansoek. Die saak is Vrydag weer vir sewe dae uitgestel.

Die borgaansoek is egter vertraag toe die man wat in die hof moes tolk en sy vrou gearresteer is. Die arrestasie kom nadat ACSU inligting ontvang het dat die egpaar aangebied het om borgtog vir die beskuldigdes te reël na bewering teen R5 000 per persoon.

’n Vroulike verdagte is eers by ’n vulstasie gearresteer nadat sy na bewering R12 000 deposito ontvang het. Haar man is daarna by die hof gearresteer toe sy die geld aan hom oorhandig.

Die egpaar sal vandag in die hof in Ermelo verskyn.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button