Jong prokureur van agterdeur na voordeur as regter
As jong prokureur is Francis Legodi nie toegelaat om by die voordeur van die landdroshof op Middelburg in te gaan nie, weens apartheidswette.
Donderdag het hy nie net by die voordeur ingestap nie, maar ook as regter president van die Mpumalanga hooggeregshof.
Meer merkwaardig is dat die geskiedkundige landdroshof, wat in 1908 in gebruik geneem is, nou as setel gebruik word vir die hooggeregshof.
Besoekers aan die hof het in die vroeë jare nog met hulle perde daar opgedaag. Die perde is voor die hof in Markstraat (OR Tambostraat) vasgemaak.
Twee derdes van die gebou word tans gebruik, maar regter Legodi sê hulle beplan om verder uit te brei.
Hy onthou nog goed hoe hy in die tagtigerjare ’n beskuldigde hier kom verteenwoordig het en van ’n agterdeur moes gebruik maak in Beyers Naudestraat.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
