News

VIDEO: Hy’s nie ’n hond nie, hy’s my maatjie

Daar was jare gelede ’n aangrypende olifant advertensie wat sê “He Ain't Heavy, He's My Brother ...”

So is daar ook vele seuntjies wat sê “hy’s nie ’n hond nie, hy’s my maatjie”.

Een so seuntjie is klein Luka van Staden, wat nog nie weet dat sy geliefde honde maatjie, Tasja, nie vanmiddag saam met hom sal speel nie.
Tasja, ’n vier jaar oue rottweiler, is vanoggend in Bandolierstraat (Dennesig) vergiftig.

“Tasja was my kleinseun se liefde. Hy het haar elke oggend en elke aand ’n soentjie gegee!” het Luka se ouma, Denise Beetge, hartseer gesê.
Die hond slaap in die huis en is na buite toe me. Beetge gaan werk het.

Sy was vyf minute weg van die huis af, toe die huishulp haar laat weet dat Tasja gevrek het.
“Tasja het niemand iets aangedoen nie!”

Me. Beetge sê dat hul bure se hond twee weke gelede ook vergiftig is.

•Alhoewel daar nie gif op die erf gevind is nie, bestaan die vermoede dat Tasja vergiftig is met die gevreesde Temik, wat ook die “Two Step”-gif genoem word, omdat diere so gou vrek as hulle dit inkry.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button