News

‘Veediefstalsindikaat’ met nog gevalle verbind

Die vermeende veediefstalsindikaat wat in Breyten vasgetrek is, word nou ook met twee Hendrina veediefstalsake verbind.

Kornelius Johannes van der Walt, prokureur Jan-Spruyt Steenkamp, Lucas Magagula, Vusi Mhlongo en Sibusiso Mabuse, is aan die begin van Mei gearresteer tydens ’n operasie in samewerking tussen ACSU Sekuriteit in Ermelo, boere en die polisie.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het na die arrestasies gesê dat daar op die toneel beslag gelê is op beeste ter waarde van miljoene rande asook ’n Toyota Hilux bakkie en R95 000 kontant.

Lees ook: Prokureur en ander veediefstal verdagtes geïdentifiseer

Die vyftal bly sedert hul eerste hofverskyning op 9 Mei, steeds in aanhouding. Hulle het vandag in Hendrina in die hof verskyn op die addisionele klagtes van veediefstal.

A.o. David Mbenekazi, Hendrina polisiewoordvoerder, sê dat die mans aangekla is nadat die polisie se ondersoek hulle met nog twee diefstalklagtes verbind het.

Die Middelburg Observer het in April berig hoe daar 81 beeste op een slag by ’n boer in die omgewing gesteel is.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button