Omstrede voormalige eiendomsagent gearresteer
Die omstrede voormalige eiendomsagent van Middelburg, Annica van Staden, is in Piet Retief gearresteer.
Volgens ‘n Piet Retief inwoner, het hy me. Van Staden in April by die Piet Retief Rugbyklub ontmoet.
Hulle het daarna met ‘n verhouding begin.
Die man beweer dat me. Van Staden vir hom vertel het dat sy al haar besittings verloor het, nadat sy deur swendelaars ingedoen is.
Hy het haar jammer gekry en beloof om haar te help om weer op haar voete te kom.
Hy beweer dat hy agter gekom het dat dinge nie pluis was nie, toe twee voertuie, wat hy op me. Van Staden se aanbeveling gekoop het om te herverkoop, op snaakse maniere verdwyn het.
Me. van Staden is verlede week in Piet Retief gearresteer op aangklag van vervalsing nadat ‘n vermoedelik vervalsde identiteitsboekie in haar besoek gevind is.
Sy het reeds in die hof verskyn en is op borg vrygelaat.
Intussen soek die polisie in Brackenfell in die wes kaap ook na van Staden. Kaptein FC van Wyk, wes kaapse polisiewoordvoerder, sê dat van Staden in Kuilsrivier Landroshof op aanglag van bedrog en diefstal verskyn het.
Sy het egter versuim om vir haar hofdatum op te daag nadat sy op borg vrygelaat is en daar is ‘n lasbrief vir haar inhegtenisname uitgereik.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
