Middelburg Hoërskool se klas van ’78 hou reunie
Die matriekklas van 1978 het oor die naweek van 31 Mei tot 2 Junie, hul 41ste reunie by Middelburg Hoërskool gevier.

Die viering is afgeskop met ’n gesellige braai Vrydagaand waartydens die bittereinders amper tot sonop gekuier het.
Die volgende dag is daar tee gedrink in die skool se personeelkamer voordat belganstellendes vir ’n toer deur die skoolgrond kon gaan.
Die Saterdagaand was daar ’n dinee by die Middelburg Buiteklub gehou.

Alhoewel die gaste meer as vier dekades terug hul laaste skooljaar gehad het, het die kuier bewys dat hulle nog lank nie te oud is om ’n goeie opskop te hou nie. Die groot groep oud-leerlinge het heerlik stories uitgeruil en met nostalgie teruggedink aan die ou dae.

Sondagoggend is ’n groep na die Witkerk (NG Moedergemeente) vir ’n erediens waartydens daar ’n skyfie vertoning met foto’s van elke klas gewys is.

1978 se hoofmeisie, Gerda Willers, het die wyn vir die geleentheid, al die pad van die Kaap waar sy nou bly, geskenk. Phillip Nel, wat tans in Malelane woonagtig is, was die hooforganiseerder gewees. Ronel van der Merwe het vir Saterdagaand se reëlings gesorg.

Lees ook:
Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry
Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
