News

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Middelburg se eie erfenisbewaringskomitee word moreaand (Dinsdag 4 Junie) gestig.

Dié komitee gaan nou saam met die Erfenisstigting na erfenis-aangeleenthede in die omgewing omsien en daadwerklike pogings aanwend om die dorp se erfenisskatte te bewaar.
Die stigtingsbyeenkoms gaan in die historiese huis van Annandale Manor, wat in 1897 gebou is, plaasvind.

Belangstellendes word uitgenooi om 18:00, lekker sop en sjerrie te geniet terwyl die dorp se erfenisse bespreek word.

Lees ook: Geskiedkundige geboue een na die ander afgebreek

Mense word aangemoedig om enige dokumente of foto’s van historiese waarde saam te neem, asook voorstelle van plekke in ons omgewing wat op die bewaringsagenda geplaas sal word.
Alle inligting sal in die argiewe van die Erfenisstigting bewaar word.

Die stigting veg landwyd om erfenisskatte te bewaar omdat die regering nie daarna omsien nie.

Kontak gerus vir Petronel by 082 693 3902 vir meer inligting en om jou teenwoordigheid op 4 Junie te bevestig.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 
Back to top button