Nuwe vierpoot liefde na hartseer
Net ’n dag nadat ’n vrou se vierpotige vriend met sy lewe moes boet vir ’n inbraak, het sy ’n nuwe viervoet vriendjie as troosbaba gekry.
Me. Minette Bouwer se hond, Ringo, is Donderdagoggend by hul meenthuis in Blackmorestraat vergiftig.
Vrydag in die vroeë oggendure is daar by een van die buur meenthuise ingebreek en is ’n inbreker op heterdaad betrap.
Me. Bouwer en haar lewensmaat, mnr. Reghard Botha, was hartseer dat hul hond met sy lewe moes boet sodat die inbrekers ongestoord in die kompleks kon inkom.
Hul hartseer het in vreugde verander toe me. Chantel Devine Vrydagmiddag by hulle opgedaag het met ’n nuwe babahondjie.

Alhoewel hulle Ringo nooit sal vergeet nie, het klein Redge (kort vir Redginald), ook ’n labrador, reeds in albei se harte gekruip.
•Die egpaar wil graag vir Chantel, asook die kompleks-eienaars bedank, wat die nuwe hondjie vir hulle geskenk het.
Lees ook:
Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry
Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
