News

Sestienjarige in kamer oorval

Eers is hul 16-jarige seun in sy kamer oorval, daarna wou ’n booswig wéér inbreek en Saterdagnag is hul hekmotor gesteel!

Dit alles in die net drie maande wat die Wessels gesin in Middelburg bly!

Me. Natasha Wessels sê hulle is raadop. “Ek het my lewe lank in Pretoria gebly en daar het nooit so iets gebeur nie. Ons weet nie meer wat om te doen nie.”
Die gesin het drie maande gelede na Middelburg verhuis.

Hulle was net drie dae in hul nuwe tuiste in Bonckerstraat (Eastdene), toe rowers op hul toesak.

Me. Wessels vertel dat hulle gou winkels toe is en dat Matthew (16) by die huis gebly het.
Hy het in sy kamer gelê en slaap en is eers gewek toe die rower by hom in die kamer staan.

Die glasdeur van die een kamer aan die agterkant van die huis, is heeltemal uitgehaal om toegang tot die huis te kry.

Die boosdoeners het eers ’n voorste veiligheidsdeur probeer afbreek, maar toe hulle nie regkom nie, ’n agterste glasdeur by ’n kamer uitgehak en ingekom. Daarna is die kamer se houtdeur oopgebreek.

Die rower het langs Matthew se bed kom staan en vir hom gesê dat hy moet stilbly, of hulle gaan hom skiet.
Hy was só geskok dat hy nie opgelet het of die boef ’n wapen by hom het nie.

Matthew het ook gehoor hoe die booswig, wat by hom in die kamer is, met iemand buite praat en het besef dat daar twee aanvallers by hul huis is.
Hy moes magteloos op sy bed bly sit, terwyl die rowers sy selfoon en ander elektroniese toerusting wegdra.

Matthew was weens die gebeure so getraumatiseer dat hy besluit het om nie in Middelburg verder te bly nie en is terug na sy ouma, waar hy sy skooljaar by Hoërskool Hercules gaan voltooi. Hy kry ook berading.

Die kamerdeur, wat gesluit was, is oopgeskop.

Vier weke gelede is haar man een aand uitgeroep en het sy daarna kort-kort iets by die kombuisvenster gehoor.
Sy het nie onraad vermoed nie, aangesien hulle katte het en gedink een van die katte wil inkom.

Me. Wessels en haar jongste seun, Keagan (9) was omstreeks 19:00 in die kombuis, toe sy weer die geluid hoor en wou die venster oopmaak, sodat die kat moet inkom.
“Die oomblik toe ek die gordyn wegskuif, het ek in die inbreker se gesig by die venster vasgekyk.
Sy het geweldig groot geskrik en het dadelik vir hom geskree: “ek gaan die polisie bel!”

Die skade wat aan die kamerdeur aangerig is.

Dit het hom waarskynlik die skrik op die lyf gejaag en het hy die nag in verdwyn.
“Keagan is nou so bang dat hy nie meer in sy eie kamer wil slaap nie en nou by ons in die kamer moet slaap.”

Sondagoggend het hulle besef hulle was wéér die slagoffers van misdaad, toe hulle wil ry en die hek wil nie oopskuif nie. By nadere ondersoek het hulle gesien die hekmotor is gesteel.
“Ek het nie meer woorde hiervoor nie. Ons móét hier bly! Dis verskriklik dat my kinders hierdeur moet gaan!”

•Daar is verneem dat daar gedurende die naweek ook talle hekmotors in Kanonkop en Dennesig gesteel is.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button