Veediewe in lokval naby Belfast vasgetrek
Vier vermeende veediewe sal vandag in die hof in Belfast verskyn nadat hulle in ’n haarfyn beplande operasie deur ’n sekuriteitsmaatskappy en die polisie vasgetrek is.
Volgens Bester Maree van Acsu Sekuriteit in Ermelo, het hulle inligting ontvang oor veediewe wat doenig is in die Belfast omgewing.
Hulle het toe ’n informant laat registreer by die polisie en ’n wettige lokval beplan. Die informant het hom as vermeende beeskoper voorgedoen en kontak met die veediewe gemaak. Hy is ingelig dat hy die beeste Dinsdagaand kan kom laai.
Mnr. Maree sê dat hulle die nag naby Wonderfontein vir die veediewe se oproep gewag het. Die informant is net na middernag gebel en aanwysings tot by ’n kraal gegee waar die veediewe met 22 beeste gewag het.
Die Middelburg Veediefstaleenheid was deel van die operasie.
Vier verdagtes, drie Malawiërs en ’n Suid Afrikaanse burger wat op ’n ander plaas naby Belfast werk, is gearresteer. Hul name kon nie bekend gemaak word voordat hulle in die hof verskyn het nie.
Breyten veediefstal verdagtes met nog sake verbind:
• Die vyf verdagtes wat in Mei in Breyten gearresteer is toe hulle na bewering op heterdaad betrap is terwyl hulle besig was om meer as 300 beeste op lorries te laai, se borg is geweier.
Neels van der Walt, die Pretorianse prokureur Jan-Spruyt Steenkamp, Lucas Magagula, Sibusiso Mabuse en Musi Mhlongo sal dus in aanhouding bly tot hul verhoor begin of hulle ’n nuwe borgaansoek loods op grond van nuwe feite wat nie in die oorspronklike borgaansoek aangeraak is nie.
Lees ook: Prokureur en ander veediefstal verdagtes geïdentifiseer
Volgens inligting word die verdagtes nou met vier ander veediefstalsake in Hendrina en Carolina ook verbind.
Lees ook:
Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry
Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
