Hadida verstrengel in tou uit boom gered
’n Groot groep helde het ’n hadida van ’n gewisse dood Woensdag gered.

•Die eerste held was Kobus Terblanché, wat gaan draf en die hadida, verstrengel aan ’n stuk tou, hoog bo in ’n boom langs die Klein Olifantsrivier gesien en vir hulp gebel het.
•Die tweede held was senior-inspekteur Petro Oberholzer (Middelburg DBV) wat elke denkbare persoon gebel het vir hul en self soontoe gery het om te kyk of die voël gered word.

•Die belangrikste helde was die span van die Steve Tshwete Munisipaliteit se parke-afdeling, wat met ’n hyser opgegaan en die verbouereerde voël uit die boom gaan red het.
•Die hadida het gelukkig geen beserings opgedoen nie en nadat die tou om sy poot afgesny is, het hy vinnig weg gevlieg.
Al het die hadida geweldig geskree en rondgefladder van vrees, het hy nie een van sy helpers één keer probeer byt nie.

Lees ook:
Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers
Haweloses die teiken van sadiste
Mans in glimbaadjies agtervolg vrou
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
