News

Rugbyklub met R50 000 beboet nadat hy kwotavereistes oortree

Die Sasol Rugbyklub op Secunda is met R50 000 beboet, omdat hy nie kwotavereistes in die Gold Cup kompetisie nagekom het nie.

Omdat hy nie die boete betaal het nie, is hy nou vir ’n jaar deur die Mpumalanga Rugby-unie uit die kompetisie geskors.
Die skorsing is deur mnr. Roelof Kotze, van die rugby-unie, bevestig.

Volgens die kwotavoorskrif, wat die Mpumalanga Rugby-unie self neergelê het, moes daar agt spelers van kleur in die Gold Cup groep van 30 wees en vier in die finale 22-tal.
Die vereistes is nie nagekom nie en Sasol is aangekla.

’n Tugkomitee is saamgestel uit die ervare prokureur van eMalahleni, mnr. Barry Wagner, Leon van den Berg (prokureur), wat vir Suidoos-Transvaal heelagter gespeel het en mnr. Marius Botha (prokureur) wat al jare lank by tugsake betrokke is. Mnr. Botha het die aanklag gelei.

Sasol Rugbyklub is skuldig bevind en met R50 000 beboet, alternatiewelik ’n jaar skorsing.

Daar is betroubaar verneem Sasol was tevrede met die vonnis, wat in Mei opgelê is en het aangedui dat hulle die boete sal betaal, maar het later om uitstel gevra.
Omdat hulle nie die boete betaal het nie, is die klub nou vir ’n jaar uit die Gold Cup geskors.

Me. Mariëtte Kruger, sekretaresse van Sasol Rugbyklub, wou nie oor die detail van die skorsing uitwei nie en het gesê “ons wil eers kyk wat maak die span, ons is die beste in Mpumalanga”.
Die Sasol skorsing het ’n verdere kinkel gekry toe Sasol nie Saterdag vir sy klubligaverpligting na Nelspruit gereis het nie.

Dit het Middelburg Rugbyklub woedend gemaak, omdat die span nog na die provinsiale uitspele kon deurdring, indien Sasol Nelspruit sou klop.
Met die vyf punte wat Nelspruit gekry het, het hy nou saam met Witbank, Witrivier en Sasol, deurgedring na Saterdag se uitspeelwedstryde.

Mnr. Herman van Niekerk, van Middelburg Rugbyklub, het gister ’n sterk bewoorde brief aan Mpumalanga Rugby-unie gerig, om beswaar aan te teken oor die nuutste verwikkelinge.
Middelburg mor dat Sasol met opset nie vir die bepaling opgedaag het nie, omdat hy bewus is dat hy uit die Gold Cup geskop is.

Me. Kruger het die aanname ontken en gesê dat verskeie spelers “siek” was. (Die siek spelers sal waarskynlik almal teen die naweek gesond wees om teen Witrivier te speel).
Die Middelburg beswaar sou volgens mnr. Kotze deur die Mpumalanga Rugby-unie dagbestuur hanteer word, maar hy wag nog op die uitslag van dié besluit.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Haweloses die teiken van sadiste

Mans in glimbaadjies agtervolg vrou

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button