NewsSport

Pumas pak Boland in Cravenweek

Pumas slyp vir Curriebeker teen Naka Bulle

Die Pumas se Cravenweek span speel more op die laaste dag van die week in Gqeberha teen Boland. Nadat hy op die eerste dag ongelukkig was om teen Griekwas vas te val, na ’n reeks geel kaarte, het die span homself reggeruk en die Grens gister met 54-14 afgersansel.
Nelspruit agsteman Vian Louw het twee drieë gedruk.

In die hoofwedstryd speel die Westelike Provinsie more teen sy naasbestes, die WP vyftiental.
Die kragmeting tussen die Haaie en Leeus en die tussen die Vrystaat en Blou Bulle behoort vir vonkel rugby te sorg.

A-veld:

8:30 Oostelike Provinsie vs Suidwestelike Distrikte.
10:00 Vrystaat vs Blou Bulle.
11:30 Haaie vs Leeus.
13:00 Westelike Provinsie vs Westelike Provinsie XV.

B-Veld:

8:30 Griekwas vs Griffons.
10:00 Boland vs Pumas.

  • Nog rugbynuus is dat die Pumas more, 11 Julie, teen die Naka Bulle in die Mbombela Stadion speel ter voorbereiding van die Curriebeker seisoen.

Puma afrigter Jimmy Stonehouse het intussen gesê dat hy sy Curriebeker groep eers volgende week sal bekend maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button