News

Motorfietsdiewe weet presies wat om te doen

Motorfietsdiewe het laasnag in die bestek van vyf minute ’n elektriese omheining en ’n hekmotor buite aksie gestel, die motorhuis oopgebreek én weggekom met ’n motorfiets in Lebombostraat (Aerorand).

Mnr. Jonathan Horsford sê die diewe het presies geweet wat om te doen, want teen die tyd wat hy en sy buurman ondersoek ingestel het, was hulle reeds weg.

Mnr. Horsford sê sy vrou is omstreeks 02:00 gewek met ’n harde slag. Sy het opgespring en gaan kyk of alles reg is met die kinders en het weer in die bed gaan klim.
Kort daarna was daar weer ’n lawaai en het mnr. Horsford wakker geword.

Hy het besef daar is moeilikheid by sy motorhuis, maar wou nie die veiligheidshek in die gang oopmaak nie. Hy was skrikkerig dat die booswigte moontlik die binnedeur na die huis oopgebreek het en wou nie sy gesin in gevaar stel nie.

Lees ook: Motorfiets in vroeë oggendure gesteel

Mnr. Horsford het sy buurman gebel en vir hom gevra om van sy kant af na hul erf te kom, dan sal hy van binne af uitgaan om ondersoek te gaan instel.
Die oomblik toe die buurman egter daar kom, was die voorste hek reeds toegeskuif.

Op hierdie tydstip het mnr. Horsford in sy motorhuis ingestap en gesien dat sy motorfiets weg is en dat die motorhuisdeur van onder af oopgebuig is.

“Hulle moes die motorfiets op sy sy laat lê het om hom onderdeur die oopgebuigde motorhuisdeur te kry.”

Die motorhuis is oopforseer van onder af om die motorfiets uit te kry. Die motorfiets links het hulle nie in belang gestel nie, want die voorwiel is uitgehaal vir herstelwerk aan die motorfiets.

Die booswigte het toegang tot sy erf gekry deur die onderste elektriese kabel van die elektriese omheining af te sny. Daarna het hulle ’n stok tussen die boonste elektriese kabels en die muur ingedruk, om deur te klim.

Die stok se takke is só ingedruk dat dit ook die kabels uitmekaar gehou het.

Die groep moes agtergekom het daar is ’n slot aan die binnekant van die motorhuis op die grond, maar hulle het die motorhuis van buite af bly skop en daarna dit aan die kant oopgebuig.

“Hulle het ons beslis dopgehou, want hulle het presies geweet aan watter kant die motorfiets staan. As hulle by die ander deur ingebreek het, sou hulle nie kon inkom nie, want daar het goed voor daardie motorhuisdeur gestaan.”

Hulle het ook nie sy seun se motorfiets gesteel nie, aangesien die voorste wiel uitgehaal is, om aan die vurk van die motorfiets te werk.
Hy is verstom dat die booswigte só vinnig in- en uitgekom het en selfs so oorlams was om die voorste hek weer toe te skuif.

Lees ook: Motorfiets by Bike City gesteel

Mnr. Horsford het dadelik van sy vriende mobiliseer en het hulle tot 05:00 die area gefynkam om die motorfiets te soek.

Kort voor ligdag het een van sy vriende ook vanaf ’n plaas gekom om te help soek. Die oomblik toe die son opkom, het hulle die booswigte se voetspore en motorfietsspore in die nabye veld gekry.

Hy het gesê dat hulle nou ’n hommeltuig gaan opstuur om te kyk of die motorfiets nie dalk tussen die bosse lê waar hulle nie kon inkom nie.

•Dit is ’n BMW G450X Veldmotorfiets. As enige persoon die motorfiets iewers sien, bel mnr. Horsford by 072 509 3988.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nagwedloop by CR Swart

Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek 

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie

Stoffbergpad eis nog ‘n lewe

 

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button