Dirk laat almal se voete jeuk
Die gewilde sanger, Dirk van der Westhuizen, het Saterdagaand Middelburgers op hul voete gehad tydens sy vertoning by Event City.

Dié vertoning het deel uitgemaak van een van vele van MidHartklop se projekte.
Die sangeres, Isjeané Verster, beter bekend as “Jane”, met begeleiding deur Johan van Zyl (kitaar en drom) het die voorvertoning gedoen.

•Hierdie nie-winsgewende organisasie is deur vrywilligers begin met die doel om ons eie gemeenskap (Middelburg) te dien.
Van hulle huidige en ook suksesvolle projekte die afgelope paar maande (sedert hul stigting in Februarie 2019), sluit in:
•Voorsien behoeftige gesinne met maandelikse kospakkies.
•Befonds behoeftige kinders met skoolgelde, asook kleuterskool onkostes.
•Hulle poog om vir werklose mense werk te kry en het ’n werkskepping databasis.
•Hendrina Ouetehuis voedsel voorsiening en liefde “want dit kos mos niks”
•Meubelering van ’n behoeftige gesin se woonstel
•Voorsiening van beddegoed en klere aan verskeie behoeftige gesinne.

•1 230 Vetkoekverkope ten bate van kos vir gesinne.
•Kerrie en rys verkope ten bate van kos vir gesinne.
•Voorsiening van gekookte etes aan arm gesinne
•Kombersie hekelprojek vir bejaarde skootkombersies.
•Versorging van ’n Arnot Optimum gesin.

•Dusty Dixon konsert ten bate van voedsel en klere vir behoeftiges.
•Botterblom Matriekafskeid projek (rok, naels, grimering en hare)
•Fondsinsameling vir “Rare Diseases South Africa”.
•“Liefde kos mos niks” by versorgingsoorde vir bejaardes in Middelburg en omgewing tydens Mandeladag.
•Hande gevat met Cancervive vir kankerbewustheid.
•Hulp aan bedelaars.

Lees ook:
Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek
Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
