Koevoetbende steel Ford Mustang
Die koevoetbende is terug en dié keer het hulle nie net huisware nie, maar ook ’n bloedrooi Ford Mustang in Danie Theronstraat (Dennesig) gesteel.
Die Ford Mustang is tussen 11:00 en 13:00 gesteel tydens ’n inbraak by mnr. Mario Botha se huis. Mnr. Botha sê hy werk die meeste van die tyd van die huis af en was net ’n rukkie weg.
Met sy terugkeer, het hy dadelik onraad vermoed, toe sy hek effens oopstaan.
Die booswigte het van die buurman se kant af in sy erf gespring, die hekmotor buite aksie gestel en die veiligheidsdeur afgebreek met waarskynlik ’n koevoet.
Daarna het hulle huisware soos ’n groot platskerm televisiestel en ander artikels gebuit.
In die kombuis het hulle die voertuig se sleutels en ’n ekstra afstandbeheer vir die motorhuis gekry en die Mustang gesteel. Hy het die Mustang verlede jaar in Pretoria gekoop.
Die voertuig se registrasienommer is JRD757MP.
As enigiemand die Mustang opmerk, bel mnr. Botha by 082 565 9288.
•Die groep het die naam “koevoetbende” gekry nadat hulle verskeie huise reg deur die dorp met ’n koevoet oopgebreek en dan blitsig met hulle buit weggekom het.
Lees ook:
Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek
Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
