Straatrowers ruk vrou se deur oop
Straatrowers is alweer bedrywig in die middedorp en het Woensdagmiddag ’n vrou se kardeure oopgepluk.
Me. Brenda van Wyk het by die voetoorgang in John Magagula gestop vir voetgangers toe iemand aan die venster kap en die bestuurderskant oopvlieg.
Terwyl sy besig was om met dié persoon te stoei om die deur toe te kry, het ’n ander straatrower die passasiersdeur oopgeruk en haar handsak tussen die twee sitplekke gegryp.
Sy vra dat indien enigiemand haar kaarte, veral haar ID- en bestuurskaarte (B Van Wyk) optel, om haar te bel by 083 631 4972.
Ander nuus:
Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is
Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo
Seuns vloek bejaarde in padwoede insident
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
