Buffelbul vir R8,2 miljoen verkoop
’n Buffelbul met horings van 51 en ’n agtste duim, wat teen ’n astronomiese bedrag van R8,2 miljoen verkoop is, is maar net een van die hoogtepunte tydens vanjaar se Loskop Game Breeders en Classic Game Breeders se wildveiling by Raasblaar.
Loskop Game Breeders en Classice Game Breeders het dié veiling saam aangebied.
’n Groot aantal kopers het met helikopters en vliegtuie, na die wildsveiling gereis.
Die veiling is aangebied deur Wildswinkel met mnr. Brandon Leer as afslaer.
Die wildtelers van Loskop Game Breeders, wat hul skaarswilspesies aangebied het, was mnre. Kobus Risseeuw van Wolves Den, Hendri van Staden van Rooiboskloof, Willem van der Merwe van Chikwala, Anton Verwey van Savannah Wildsplaas en Willem Kruger van Zeekoevalley Wildsboerdery.

Gasverkopers was mnre. Alan van Coller van Alden Buffalo, Piet Potgieter van Lemara Wild Teelplaas, Neil Rex van New Wycombe, Jaco Botma van Robedi Game Breeders, Marthinus Roets van Rolemsha Boerdery, Cliffed Wiggill van Wiggill Kudu Ranch en Willem van der Merwe van Origin Game Breeders.
Mnre. Frans Stapelberg van Lekkerleef Wild Stoet in Marble Hall, Hein Muller van Hoedspruit, Jan Lourens van Jay-el Game Breeders in Maasstroom, Pieter Kloppers van Dendron, Marius Mynhardt van Motswiri in Vivo, Pieter Scholtz van Blydevallei Game Breeder in Hoedspruit, Derick Fick van Claudiushoop in Dendron, Sas du Toit van Kwanare in Stoffberg en Chris Burger van Marula Game in Steenbokpan was die telers van Classic Game Breeders wat diere op die veiling aangebied het.
Daar was ’n totaal van 83 lotte opgeveil met 170 geregistreerde kopers en die veiling het ’n omset van R32 194 500 behaal.
Meer as 500 besoekers en kopers het vir ’n stampvol veilingslokaal gesorg.
Buffels het oor die algemeen baie goeie pryse behaal. Daar is ’n gemiddelde prys van ongeveer R300 0000 stuk behaal op buffelkoeie en verse.

Van die buffels wat uitgestaan het was Lot 74A wat verkoop het vir R8,2 miljoen, Lot 8 die legendariese Langbeen met horings van 51 en ’n 16de duim wat verkoop het vir R7,6 miljoen, Lot 12 ’n Langbeen dogter vir R640 000, twee Shingwedzi dogters, Lot 13 vir 800 000, Lot 14 vir R630 000, Lot 15 ’n Madotta dogter vir R660 000, Lot 46, ’n buffel bul vir R700 000 en Lot 48, ’n besonderse vers vir R610 000.
Ander wildspesies, onder andere koedoes, het ook goed gedoen op die veiling. Koedoekoeie (Lot 3 en Lot 4) is teen R52 000 ’n stuk en ’n jong koedoebul (Lot 68) met horings van reeds 57 en drie agtste duim is vir R375 000 verkoop.
’n Besonderse waterbokbul (Lot 69) is vir R100 000 verkoop, koning wildebeeskoeie is teen R30 000 verkoop, ’n elandbul (Lot 5B) is vir R300 000 verkoop en ’n Livingstone elandvers vir R250 000. Verskeie swartwitpense het ook goeie pryse behaal met R65 000 en ’n besonderse swartwitpensbul (Lot 23) is teen R300 000 verkoop.
Vanjaar is daar ook ’n “Timed Auction” met 65 Lotte aangebied. Kopers kon met die Wildswinkel Toep (App) op hul selfone registreer en bie.
Die “Timed Auction” het ’n omset van R3 048 200 behaal en ’n totaal van 59 lotte is gekoop deur die 111 geregistreerde kopers.
Loskop Game Breeders en Classic Game Breeders bedank elke persoon wat die dag teenwoordig was. Hul nooi ook alle wildsboere om hul kalenders dop te hou vir hul 2020 veiling.
Vir meer inligting kontak Pieter Kloppers by 084 581 8756 of Willem Kruger by 082 872 6788.
Ander nuus:
Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is
Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo
Seuns vloek bejaarde in padwoede insident
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
