News

VIDEO: Swem bakkie, swem! Die bakkie wil nie swem nie!!!

Dit was nie swem Jannie, swem nie, maar: swem Bakkie swem!

’n Bakkie wat Saterdagmiddag toldraaie langs (donuts) die Middelburgdam gemaak het, het later in die dam beland en moes uitgesleep word.

Ooggetuies (wat anoniem wil bly) sê hulle het die bakkie opgemerk wat heen en weer toldraaie gemaak het kort voor 17:00 naby die dam se inloop, aan die hengelkant (oorkant van die dam).

“Die volgende oomblik het hy in die dam beland en moes hulle hom later uitsleep. Hulle het hom eers so —by 19:00 uit gehad.”

Van die omstanders het die bakkiebestuurder gevra hoe hy in die dam beland het.

Hy het ontken dat hy toldraaie gemaak het en net gesê hy het te wyd gedraai “en per ongeluk in die dam beland.”

•Niemand is in die voorval beseer nie.

 

 

 

 

Ander nuus:

 

Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is

Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo

Seuns vloek bejaarde in padwoede insident

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button