Ben Jansen van Vuuren en Christiaan Vlok met die medaljes nadat hulle die universiteite toernooi in Gqeberha gewen het. Foto: Verskaf.
Tuks of niks!
Die Universiteit van Pretoria het vanmiddag die jaarlikse universiteite rugby toernooi (Ussa) gewen deur Kovsies (Bloemfontein) met 43-19 in die eindstryd te klop.
Tuks het op hulle oorwinningstog met die Noordwes Universiteit (Pukke) en Wits afgereken.
Die oud HTS Middelburg en Puma senter, Christiaan Vlok, was kaptein van die seëvierende Tuks span en Ben Jansen van Vuuren wat vir Hoërskool Middelburg uitgedraf het, was deel van die wenspan.
Die toernooi is by die Nelson Mandela Universiteit aangebied.
In die B eindstryd het Stadio van Pretoria met 85-7 teen UKZN gewen.
Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) van Pretoria het die C-Afdeling met 50-3 teen Rhodes gewen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.