News

Jong man sterf tien dae na ongeluk

Presies tien dae nadat Anton van Aswegen (33) in ’n ernstige motorongeluk in Zuidstraat betrokke was, het hy aan sy beserings beswyk.

Hy het nooit sy bewussyn herwin nie.

Die ongeluk het op 2 Augustus tussen 19:45 en 20:15 naby Central Melk en Gas plaasgevind.

Mnr. Van Aswegen was op pad van Kutana Hydraulics, waar hy werksaam is, huis toe, toe die ongeluk gebeur het.

Hy het beheer oor die voertuig verloor en is dwarsdeur ’n muur.

Sy suster, Angelique, sê ’n sekuriteitswag het gemeld dat hy na die ongeluk gesien het dat ’n VW Scirocco vyf keer teruggekeer het na die ongelukstoneel, voor die nooddienste opgedaag het.

Lees vorige storie: Man kritiek na kar deur muur ry

Hulle sal graag met dié persoon wil kontak maak om uit te vind of hy dalk weet wat die aand van die ongeluk gebeur het.

Mnr. Van Aswegen het ernstige beserings, waaronder breinbeserings, opgedoen en het nooit sy bewussyn herwin na die ongeluk nie. Hy is hierdie week breindood verklaar en is Maandagmiddag kort na 15:00 oorlede.

“Anton is nou veilig by die voete van Jesus, sonder enige pyn.”

Mnr. Van Aswegen word oorleef deur sy ouers, Yvonne en Dawie, suster Angelique, swaer Renier, stiefsuster Talita en haar man, John.

•Daar is nog nie begrafnisreëlings getref nie.

•Die familie vra dat enige ooggetuies van die ongeluk hulle moet kontak by 082 697 8791.

 

Ander nuus:

Puma afrigter sê borge wat nie verpligtinge nakom nie is ‘lafaards’

Man sê daar was nie toldraaie gemaak

KYK – Motohuis in vlamme terwyl egpaar rugby kyk

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button