Familietwis kom tot uitbarsting
’n Familietwis, wat al maande duur, het gistermiddag tot uitbarsting gekom, toe twee broers se gekoggel, tot ’n ongeluk gelei het.

Daar is gesê dat die een broer in die ander een vasgery het, nadat hy skielik voor hom gestop het.
Daarna het die een voertuig weggejaag.
In Zuidstraat was daar ’n ongeluk waar ’n voertuig omgeslaan het.
By beide mans was daar ’n vrou in die kar en in een van die voertuie ook twee minderjarige kinders.
Omstanders het gesê dat beskuldigings oor en weer geslinger is en dat verkeersmanne en polisielede op die toneel opgedaag het.
Later het nóg ’n broer en ook die mans se pa op die toneel aangekom en is beskuldigings gemaak “dat ’n polisielid omkoopgeld gevat het”.
Die pa het gevra wie die polisieman is wat die omkoopgeld gevat het, waarop ’n woordewisseling ontstaan en ’n verkeerslid vir versterkings op die radio geroep het. Die pa is kort daarna gearresteer.
•Al die partye het onderneem om vir www.mobserver.co.za hulle weergawe van die gebeure te kom vertel.
Ander nuus:
Bestuurder van Scirocco kom na vore
Jong man sterf tien dae na ongeluk
Puma afrigter sê borge wat nie verpligtinge nakom nie is ‘lafaards’
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za