News

Rowers en diewe soek wiele

Net ’n dag na ’n huisroof waar ’n bakkie in Marble Hall gesteel en later op bakstene, sonder sy wiele, gekry is, is ’n kar se wiele ook in Dennesig woonbuurt gesteel.

Mnr. De Wet Swart se Ford Icon het op bakstene gestaan toe hy buite kom by sy huis in Louis Bothastraat. Al vier wiele is afgesteel.
Die diewe het oor die palissade heining geklim om die wiele te steel.

Dit blyk dat die boewe egter alles beplan het, want die vorige dag het hulle opgemerk dat daar bakstene langs ’n asblik buite die erf gelê het. Na die diefstal was net ’n paar bakstene oor.

Die bakkie van die Furriel-egpaar van Marble Hall wat Woensdag in die vroeë oggendure geroof en later die dag sonder sy wiele naby die Flag Boshielodam gekry is.

•Net ’n dag voor mnr. Swart se wiele gesteel is, is die Furriel egpaar by hul huis in Marble Hall oorval, aangerand en hul voertuig gesteel.
Ure later is die voertuig 40km buite Marble Hall naby die Flag Boshielodam op die Apélpad gevind. Al vier wiele is afgesteel.

Mnr. en me. Manual en Maria Furriel is Woensdag omstreeks 03:00 deur vier rowers by hul huis oorval.

In die daaropvolgende gebeure is die egpaar onder andere met kabelbinders vasgemaak en is mnr. Furriel gewurg en in die gesig geslaan.
Die vuurwapens is gevat, maar is later, soos die voertuig, teruggevind.

Die boewe het egter weggekom met talle huisware en het ook die egpaar se huis geplunder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button