Gesteelde Mustang laas in Pretoria gesien
Die bloedrooi Ford Mustang wat op 6 Augustus in Danie Theronstraat gesteel is, is nooit teruggevind nie.
Mnr. Mario Botha se Mustang is tydens ’n inbraak gesteel.
Die inbrekers het die huisdeure oopforseer, talle huisware gesteel en ook die voertuig se sleutel in die huis gekry.
Dieselfde dag het hulle bevestiging gekry dat die Mustang deur die Middelburg Tolplaza is en dat ’n wit Mustang saam met hom gery het.
Me. Botha sê misleidende inligting is op WhatsAppgroepe versprei dat die voertuig in Pretoria Oos gevind is.
Die opsporingstelsel se sein is wel op ’n stadium in daardie area gekry, maar dit het later heeltemal verdwyn en bestaan die vermoede dat dit verwyder en vernietig is.
Me. Botha het gesê dat hul assessor self na Pretoria Oos gery het om navraag by die polisie te doen of die voertuig moontlik opgespoor is, maar die voertuig was ook nie daar nie.
•Me. Botha het gesê dat dit vir haar kommerwekkend is hoe baie inbrake en misdaad daar in Middelburg die afgelope paar weke is.
