News

KYK: Man in hof oor ‘broedertwis’

Die familietwis tusseen die Van Wyk familie het verder uitgekring toe een van die Van Wyk broers in die hof verskyn het.

Op videomateriaal sê mnr. Wickus van Wyk dat sy broer hom “aangeval het” deur sy voertuig te stamp.

Die ongeluk het verlede week plaasgevind in Zuidstraat en Johannes Mattheus (Johann) van Wyk het Woensdag in die hof verskyn op klagtes van onder andere poging tot moord. Borg is toegestaan en die saak is uitgestel na ’n latere datum.

Wickus van Wyk.

Mnr. Wickus van Wyk wou nie uitbrei oor die gebeure nie, maar het wel gesê dat sy broer “kop verloor het”.
Johann van Wyk het gesê dat sy broer hom die hele dag agtervolg het.

Op die video kan gesien word hoe loop Johann na sy broer se omgeslaande voertuig.

•Die volledige berig kan in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer gesien word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button