News

Padslagting: Saak teen beskuldigde van rol geskrap weens uitstaande bloedtoetse

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy in Maart vanjaar vir ’n verkeersman wat hom agterna gesit het weggejaag, en toe ’n voetganger se dood veroorsaak het, het vry uit die hof gestap nadat die saak van die rol geskrap is.

Khumbulani Malinga is vir strafbare manslag, dronkbestuur, verset teen arrestasie en die poging om ’n ongelukstoneel te verlaat, aangekla.

Die saak is finaal vir ondersoek uitgestel.

Lees ook: BREAKING NEWS: Female pedestrian sustains life-threatening injuries in high-speed police chase

Me. Lizel Visagie is kort nadat sy na bewering deur Malinga se BMW by McDonald’s getref is, oorlede.
Een van haar bene is in die impak met die kar afgeruk.

Die BMW het na die botsing deur Roman’s Pizza se muur, oor die pizzeria se advertensiebord gejaag en dwars in die pizzeria se parkeerplek tot stilstand gekom.

Lees ook: UPDATE: Victim in high speed police chase passes away

Sy kon haar 15-jarige dogter Ceriza net betyds uit die pad stamp voordat sy getref is.

Haar ma, Marie, was teenwoordig in die hof waar die aanklaer vir verdere ondersoek uitstel gevra het omdat Malinga se bloed/alkohol toetse nie beskikbaar was nie.

Die saak is egter voorlopig van die rol geskrap waarna daar aan Malinga gesê is “jy’s vry om te gaan”.

 

Lees meer oor Lizel Visagie:

First responders refute eyewitness claims of extent of injury

Vrou sterf as held nadat sy dogter uit pad stamp

Vrou pleit vir gordel op grutoneel

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button