Piet tweede in Suid-Afrikaanse kampioenskappe
Saterdagoggende se Duvha oefeninge gee fietsryer ekstra woema.
’n Lid van Middelburg Fietsryklub, Piet Swanepoel, het ’n silwer medalje verower by die Suid-Afrikaanse duathlon kampioenskappe.
Swanepoel het in die kleure van Noordwes deelgeneem.
Die kampioenskappe is gister op George in die Suid-Kaap aangebied en hy het in die 65 tot 69 ouderdomsgroep deelgeneem.
Die standaard duathlon bestaan uit 10km draf, 40km fietsry en weer 5km draf.
Oor die eeste been was hy vierde in ’n tyd van 50:59 maar die snelritte Duvha toe en terug Saterdagoggende het hom beslis in die fietsry gehelp, waar hy stof in die ander deelnemers se oë gery het, met ’n beste tyd van 1:19:49. Sy tyd oor die vyf kilometer draf was 31:04 wat aan hom die tweede algehele plek besorg het.
Sy algehele tyd was 2:41:53.
