News

‘Dis mos mielies!’ juig skool na groot oes

’n Plaasskool buite Middelburg is vasberade om die waarde wat leerlinge daar kry aan Middelburg inwoners beskikbaar te stel.

Laerskool Uitkyk is hierdie jaar 103 jaar oud. Die skool het ten spyte van talle uitdagings van krag tot krag gegaan. Laerskool Uitkyk se skoolhoof, Corrie Erasmus, is aan die stuur van ’n gedugte span wat deur ’n ywerige beheerliggaam ondersteun word.

Al is daar net ’n handjievol leerlinge, skroom hulle nie om kragte te meet teen groter skole in sportsoorte soos atletiek, tennis, krieket en Pumaki rugby nie. Die skool het ook ’n skaak akademie en hul dogterspan het derde in die Nkangala distrik geëindig.

Jaap Meyer. Foto: Simone Swart
Foto: Simone Swart

Van 2020 af sal daar ’n skoolbus wees wat daagliks van Middelburg na Laerskool Uitkyk, sowat 40 km buite die dorp, gaan ry.

Die skool het tydens ’n dinee by Mellow Stream, skenkers tot hul fondsinamelingsprojek ‘Dis mos mielies!’ vereer. Die kompetisie is in samewerking met Monsanto/Dekalb geloods en het behels dat deelnemers die opbrengte van ’n hektaar mielies aan die skool skenk.

Foto: Simone Swart
Die top drie boere met die meeste tonne per hektaar is Ernst van der Berg, Magnus van Heerden, Franzel Calitz (plaasbestuurder vir Tommie Steele) en Peet LaCock.
Willem en Amy Enslin. Foto: Simone Swart

Peet LaCock van Monsanto/Dekalb is vereer vir die ondersteuning wat hy die plaasskool bied.

Ernst van der Berg het met die R50 000 eersteprys weggestap. Hy het die helfde van sy prysgeld aan die skool teruggeskenk.

Fondse wat tydens die kompetisie ingesamel is, sal gebruik word om twee klaskamers en ’n rekenaarlokaal aan te bou. Die skool beloof persoonlike aandag aan kinders met nie meer as 15 leerlinge per klas nie.

Foto: Simone Swart
Corrie Erasmus (skoolhoof), Peet LaCock (Dekalb) en Peet Bothma (beheerliggaam voorsitter).
Foto: Simone Swart
Louis Siegert en Renier Bezuidenhout. Foto: Simone Swart
Ernst van der Berg, wenner van die Dis mos Mielies! kompetisie word deur Peet LaCock van Dekalb geluk gewens.
Foto: Simone Swart
Die Laerskool Uitkyk beheerliggaam: Chris Myburg, Johan Scheepers, Corrie Erasmus (skoolhoof), Peet Bothma en Pierre Viljoen.
Foto: Simone Swart

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button