News

Ma praat oor pad met dwelmverslaafde seun

“Mense moet my nie oordeel nie, kom staan in my skoene, dan sal jy verstaan.”

Dit is die woorde van ’n ma (haar naam word weens menslikheidsredes weerhou) wat al selfs haar dwelmverslaafde seun in die tronk gelos het vir diefstal, maar nie sy verslawing kon stop nie.

“My kind het vigs as gevolg van die lewe wat hy self gekies het.”

Sy vertel dat sy hom in sy laerskooljaar betrap het nadat hy met dwelms geëksperimenteer het.
Dit was maar net die begin.

Lees ook: Vyf vriende het al gesterf

“Hy het later álles gebruik. Noem dit en hy het dit gebruik. Heroïne, CAT, Liquid GHD, Poppers. As hy nie die goed gesnuif het nie, het hy dit ingespuit of die een na die ander pil gesluk. Alles net vir daardie kick wat hy daaruit sou kry.”

As ouers het hulle uit hul pad gegaan om hom te probeer help en het hom selfs drie keer na rehabilitasiesentrums gestuur. Wanneer hy teruggekom het, het hy net weer met sy ou dwelmgewoontes begin.

Sy onthou hoe sy eenkeer in ’n “ donker hool” (soos sy dit noem) in Gauteng in is, omdat sy gehoor het dat haar seun moontlik haar diamantoorbelle daar sou verkoop het.

Lees ook: Inspirerende verhaal gryp wêreld aan

“Hierdie mense was selfs vriendelik met my en het my gehelp om my een oorbel terug te kry. Alhoewel ek dit moes terugkoop, het ek dit darem gekry. Die oorbelle was omtrent R10 000 werd, hy het dit vir R500 verkoop vir ’n paar fixes.

Sy onthou dat hy twee keer in die tronk was vir diefstal en dat sy so gehoop en gebid het dat dit hom sou laat skrik het om weer te steel vir dwelmgeld. Hy was elke keer net pas uit die tronk uit, of hy het teruggeval op sy ou gewoontes.

Of dit nie die ergste was nie, het die dwelmhandelaars haar soms in haar eie huis kom dreig as hy hulle geld geskuld het.

“My kind is besig om te sterf in ’n hospitaalbed. Uitgeteer en vol sere weens ’n lewe van vrye seks en oor en weer dwelmnaalde gebruik. Sê asseblief vir elke verslaafde in ons strate, jy gáán sterf as jy aanhou dwelms gebruik. Dit is net ’n kwessie van tyd.”

 

 

 

 

Ander nuus:

‘Dis mos mielies!’ juig skool na groot oes 

Gesteelde Mustang laas in Pretoria gesien

Padslagting: Saak teen beskuldigde van rol geskrap weens uitstaande bloedtoetse

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button