News

Taakspan moet baie inbrake ondersoek

Inbrake op Middelburg het so toegeneem, dat die polisie ’n taakspan op die been gebring het om dit te ondersoek.

Die inbrake vind hoofsaaklik gedurende die dag plaas.

Tot soveel as sewe inbrake is verlede week op een dag in woonbuurtes soos Gholfsig, Groenkol, Aerorand en Kanonkop aangemeld.

In baie gevalle het huisbewoners, wat nie versekering het nie, nie eers die inbrake aangemeld nie. In een so geval het die inbrekers weggekom met kamera’s, kontant, ’n skootrekenaar en televisiestel.

• Polisie woordvoerder, kaptein Khanyisile Zwane, sê die meeste inbrake vind tussen 13:00 en 15:00 plaas. Die Aerorand woonbuurt loop die ergste deur en inwoners blameer die bou van ’n skool in die woongebied as die rede daarvoor.

 

 

 

 

 

Ander nuus:

‘Dis mos mielies!’ juig skool na groot oes 

Gesteelde Mustang laas in Pretoria gesien

Padslagting: Saak teen beskuldigde van rol geskrap weens uitstaande bloedtoetse

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tobie van den Berg

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button