News

Deernis met mense vasgevang in verslawing

’n Kenner wat al jare met verslaafdes werk, sê dat Methadone oor die langtermyn net so verslawend is as heroïne.

Past. Johan van Aswegen het drie boeke geskryf oor verslawing: “Die Kort en die Lank” “Grense en Taboes” asook “Potholes.”

Hy het ook ’n “Fasiliteerders Handleiding” geskryf om ’n ondersteuningsgroep te fasiliteer met genoeg materiaal beskikbaar om ’n ondersteuningsgroep te onderhou vir twee jaar.
Verder het hy ’n handleiding geskryf vir emosionele herstel getitel: “Draakeiers.”

Past. Van Aswegen is die fasiliteerder van die geestelike ondersteuningsgroep, Re-Group Recovery, ’n ondersteuningsgroep vir herstellende afhanklikes in Gauteng.
Sy eerlike opinie aangaande Methadone is dat dit as ’n kruk gebruik kan word oor die korttermyn om heroïne verslawing te help oorkom.

Lees ook: Pastoor sê hy sal aanhou werk met verslaafdes op straat

“Soos ’n kruk tydens ’n gebreekte been en gips aan ’n gebreekte arm, is dit net tydelik en behoort nie oor die langtermyn gebruik te word nie. Methadone is ook maar net ’n opiaat en verslawend oor die langtermyn. Om een verslawing met ’n ander te vervang is nie die oplossing nie, bloot net ’n ander vorm van verslawing.”

Hy sê die feit dat Methadone op voorskrif verkrygbaar is, maak dit geensins minder gevaarlik nie, “aangesien statistieke bewys dat daar 8% meer mense verslaaf is aan voorskrifmedikasie as aan straatdwelms. Die voorskrif maak dit dalk ‘wettig’, maar verminder nie die verslawingsfaktor nie.”

Past. Van Aswegen het ook gemeld dat baie pynstillers kodeïn bevat, wat as opiaat hoogs verslawend is.

“Meeste anti-depressante en kalmeerpilletjies asook slaappille is verslawend. Selfs Ritalin en Concerta wat so maklik vir kinders voorgeskryf word, word deur Wikipedia beskryf as ‘Addictive Euphorics.”

Lees ook: ‘n Dorp in ‘n dwelmkrisis – verslaafdes bedel en sterf op straat

•Past. Van Aswegen het gesê met sy ervaring het hy insig gekry in verslawing en simpatie en deernis ontwikkel vir mense vasgevang in verskeie vorms van afhanklikheid asook vrees, angs, en depressie.

“Onder leiding van die Heilige Gees is ’n stelsel ontwikkel wat op hierdie stadium ’n 90% suksessyfer het in teenstelling met die 5% van sekulêre rehabilitasiesentra.”

Past. Van Aswegen sê om vry te kom van enige verslawing “vereis ’n wilsbesluit en die kragwerking van die Heilige Gees, spruitend vanuit ’n lewe in Christus Jesus! Dit is gekoppel aan Johannes 15:5.”

Hy is op die ouderdom van 67 jaar nog passievol oor die Re-Group Recovery-groep.

“Die sukses daarvan (alle eer aan die Lewende God) is bloot net die feit dat daar vir my niks mooier en meer bevredigend is as om te sien hoe ons groot Skepper God gebrokenes heelmaak en bevry nie. Solank Jesus Christus leef, is daar hoop vir alle verlorenes en solank as wat ons Groot God my blessmet energie en gesondheid, sal ek hierdie bediening uitleef tot Sy eer”.

•Lees ook pastoor Jannie Jacobs se mening in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button