News

KYK: Middelburg inwoners verloor alles tydens brand in Park Straat

Drie mense het alles wat hulle besit verloor nadat ’n brand by ’n huis in Parkstraat uitgebreek het.

Verskeie mense bly op die eiendom in Parkstraat wat aan Godfrey du Plooy behoort. Sy kinders bly in die hoofhuis saam met hul ouma en oupa, terwyl ’n gedeelte van die huis in ’n woonstel met sy eie ingang omskep is.

Godfrey du Plooy by die plek waar die brand uitgebreek het. Die huis het erge struktuurskade opgedoen en drie mense het alles wat hulle besit verloor.

Bertus en Cindy van Niekerk, wat die woonstel gehuur het, het alles wat hulle besit verloor.

Dit is steeds onseker hoe die vuur begin het. Johnathan Viljoen, wat in die woonstel was waar die brand onstaan het, sê hy het aan die slaap geraak op die bank en wakker geword toe die hele plek in ligte laaie was.

Godfey du Plooy kalmeer sy Labrador Heidi terwyl brandweermanne die vuur probeer blus.

 

Hy moes deur ’n brandende Wendy huis spring na veiligheid en is in die hospitaal opgeneem met brandwonde. Al sy besittings is in die brand verwoes.

Die bejaarde egpaar sowel as die drie kinders wat in die huis woon, is ongedeerd maar erg getraumatiseerd.

Back to top button