News

Blue Eyes met mes gesteek

’n Deense hond/labrador kruising is laasnag met ’n mes gesteek!

Me. Cornelia McStay sê hulle het omstreeks 19:45 die honde uitgevat na agter in die erf om ’n draai te loop by hul huis in Louis Bothastraat (Dennesig).

Met die diere se terugkeer het hulle gesien daar is fout met hul deense hond, Blue Eyes. Sy het nie na me. McStay toe gegaan nie, maar reguit gehardloop kamer toe en in een van die ander honde se beddens gespring.

Lees ook: Vyf honde laasnag vergiftig

Hulle het na haar toe gegaan en gesien dat sy ’n meswond in haar linker bobeen het.

Van die mans in die huis het na buite gestorm en die omgewing gefynkam. Iemand het ’n man met ’n blou oorpak sien weghardloop, maar teen die tyd wat mnr. McStay sy voertuig uitgetrek het, was die verdagte reeds weg.

Lede van sektor vier en ander sektore van die gemeenskapspolisiëringsforum was binne minute by die huis en het vir bykans twee ure die gebied gefynkam, maar die messteker was skoonveld.

Lees ook: Rowers en diewe soek wiele

Me. McStay sê hulle het ’n oop erf voor, met palissade aan die kant en ’n hoë muur agter waaroor die booswig moes klouter om agter in hul erf te kom. Hulle het tydens die soektog voetspore in die tuin gevind, waar hy in die donker die dier ingewag het.

•Daar is laasnag ook vyf honde in Aerorand vergiftig.

•In dieselfde straat is mnr. Jan du Toit ’n paar jaar gelede met ’n mes doodgesteek. Hy het sy aanvaller in die huis betrap en hom op die grond vasgedwing. Hy kon die man daar en dan doodskiet, maar het hom ’n kans gegee, waarop die aanvaller opgespring en hom doodgesteek het. Hy het vir sy genadigheid gesterf.

Lees ook: A cold blooded murderer

•Twee weke gelede, in dieselfde straat ,is ’n kar se vier wiele afgesteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button