Hulle wag desperaat op hul pensioenfondse, nadat sakeredders ’n aansoek gebring het om die Gupta beheerde Oakbay te likwideer weens uitstaande skuld aan ’n ander Gupta maatskappy, Tegeta Exloration, aan wie die omstrede Optimum en Koornfontein myne behoort.
Oakbay skuld Tegeta oor die R2 miljoen vir huur van kantore maar Oakbay regsverteenwoordigers sê dat Tegeta se skuld aan hom veel meer is as die bedrag wat Tegeta eis.
Tegeta is egter nie onder sakeredding nie, maar net Optimum en Koornfontein myne.
Lees ook: Dis nag vir 800 myners
Oakbay besit sowat 80% aandele in beide Sandile en Sethemba myne waar werknemers in September 2018 laas salarisse ontvang het.
’n Groep voormalige JIC werknemers, ’n ander Gupta maatskappy wat arbeidslenings vir Optimum en Koornfontein hanteer het met aanstellings vir Sandile en Sethemba operasies, sukkel nou ’n jaar om hul pensioen en ander voordele uit Sanlam te kry.
Lees ook: Hundreds protest in front of Optimum for salaries
Daar is Maandag hier by die Sanlamkantore met die ontstoke myners vergader, waar Sanlam se topbestuur ook teenwoordig was om hul vrae te beantwoord.
Omdat Sandile en Sethemba tans finale likwidasie in die gesig staar, moet Sanlam egter self aansoek bring dat die betrokke pensioen trust gelikwideer word.
Die besluit om die trust te likwideer is in Desember geneem om geaffekteerde myners te help.
Die myners sê dat talle van hulle reeds hul huise en ander besittings verloor het.
Lees ook: Gupta – Zuma: Hendrina without water after Optimum fails to pay
Die besluit om die trust te likwideer is geneem nadat Sethema en Sandile ophou pensioenbyvoordele betaal het.
Hulle is gerus gestel dat die fondse onaangeraak in Sanlam se beskerming is en uitbetaal moet word.
Daar sal binne die volgende 60 dae minstens ’n 50% uitbetaling aan hulle gemaak word sodra die owerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) die fondse vrystel.
’n Aansoek is reeds by die owerheid ingedien deur Sanlam om die fondse vry te stel.
Omdat die likwidasie prosedure sloer weens voortslepende hofgedinge tussen die Gupta maatskappy, waarvan sewe onder sakeredding is, is die betrokke myners nog nie amptelik afgedank nie.
