Methadone: ‘jy ruil een dwelm vir ander’
“Hoekom van een dwelm afkom om net weer op ’n ander geplaas te word? Methadone is maar net ’n sintetiese heroïne.”
Dit is die mening van past. Jannie Jacobs, van die Oorwinnaars Halfweghuis. Hy het reageer nadat gerehabiliteerde dwelmverslaafdes die afgelope tyd gespog het dat hulle “skoon” is met die hulp van ’n plaaslike dokter wat hulle van Methadone voorsien.
Past. Jacobs sê een van die verslaafdes wat by die Oorwinnaars was, het vir hom vertel dat hy erger onttrekkingsimptome gehad het toe hy Methadone gelos het, as toe hy van heroïne af gekom het.
“Methadone is maar net ’n sintetiese heroïne en jy raak net so verslaaf daaraan as aan heroïne. As jy dit gebruik het, is jy ook ‘hoog’. Wat moet jy dan nou weer gebruik om van die Methadone af te kom? Dit is maar net presies dieselfde as om heroïne te gebruik.”
Past. Jacobs het genoem dat dwelmverslaafdes soms Methadone misbruik deur die vloeistof in te spuit.
“As jy dit dan boonop saam met heroïne gebruik, is dit lewensgevaarlik!”
Oorwinnaars het in die beginjare van Methadone gebruik gemaak .
“As die persoon, wat dit toegedien het, daar opgedaag het, het dit gelyk soos ’n groep kleuterskoolkinders wat ’n groot boks Smarties sien. Hulle het met honger oë die persoon die hele tyd gevolg. Almal wou dit net hê!”
Een van die verslaafdes wat hulle jare gelede gehelp het met Methadone, het dit in die hande gekry en oordosseer. Die persoon het twee keer opgehou asemhaal en daar moes vir sy lewe geveg word.
Hy is baie bekommerd as verslaafdes sê hulle “gaan haal sommer ’n voorskrif by die dokter” en drink dit wanneer hulle lus is vir dwelms.
“Methadone moet beheerd toegepas word. Die dokter of ’n geregistreerde suster moet die dosis gee, soos voorgeskryf. Die persoon kan nie sommer self die bottel huistoe vat en daarvan drink soos hy wil nie. Wie gaan aanspreeklik gehou word as hierdie persoon per voorskrif sommer ’n bottel gaan haal het en daarop oordosseer?”
Past. Jacobs sê as jy vir jare skoon is van heroïne en jy gebruik steeds Methadone, “dan het jy ’n probleem. Dit is onaanvaarbaar. Dan is jy steeds ’n verslaafde, want dan is jy verslaaf aan Methadone.”
Hy het genoem dat sommige verslaafdes ook pille, soos slaappille, misbruik om die newe-effekte van heroïne-onttrekking te onderdruk. “want jy sukkel om te slaap. Sommige van hulle slaap twee tot drie ure in 24 uur. Methadone maak jou egter lomerig en dit is vreemd as mense, buiten Methadone, ook slaappille drink”.
• Past. Johan van Aswegen stem saam met past. Jacobs.
Past. Van Aswegen het drie boeke geskryf oor verslawing: “Die Kort en die Lank” “Grense en Taboes” asook “Potholes.”
Hy het ook ’n “Fasilliteerders Handleiding” geskryf om ’n ondersteuningsgroep te fasilliteer met genoeg materiaal beskikbaar om ’n ondersteuningsgroep te onderhou vir twee jaar.
Verder het hy ’n handleiding geskryf vir emosionele herstel geskryf, getitel: “Draakeiers.”
Mnr. Van Aswegen is die fassiliteerder van die geestelike ondersteuningsgroep, Re-Group Recovery, ’n ondersteuningsgroep vir herstellende afhanklikes in Gauteng.
‘n Vriend en kollega van my, Past Robbie Meintjes, het uit sy betrokkenheid by Elim Kliniek (‘n rehabilitasiesentrum in Kempton) die behoefte aan ‘n geestelike ondersteuningsgroep raakgesien en Re-Group Recovery in 2007 begin as ‘n ondersteuningsgroep vir herstellende afhanklikes. (Die grondwet van ons land verbied enige publieke instansie om enige spesifieke godsdiens te bevorder.) In 2011 het Robbie besluit om die bediening te verlaat en deur ‘n profetiese woord van Johan Steyn, aangepor deur Robbie Meintjes en die Heilige Gees, het ek die fassiliteerder geword van Re- Group Recovery.
Ek hou ook die volgende sertifikate: “Recovery and Aftercare” “Dynamics of Addiction” en “Substance abuse Intervention Skills”
Ek het 3 boekies geskryf oor verslawing: “Die Kort en die Lank” “Grense en Taboes” asook “Potholes.” Ek het ook ‘n Fasilliteerders Handleiding geskryf om ‘n ondersteuningsgroep te fasilliteer met genoeg materiaal beskikbaar om ‘n ondersteuningsgroep te onderhou vir 2 jaar.
Met tyd het ek insig gekry in verslawing en simpatie en deernis ontwikkel vir mense vasgevang in verskeie vorms van afhanklikheid asook vrees, angs, en depressie en onder leiding van die Heilige Gees ‘n stelsel ontwikkel wat op hierdie stadium ‘n 90% suksessyfer het in teenstelling met die 5% van sekulêre rehabilitasiesentra.
Alles baseer op die wete dat God se Woord die waarheid is as dit sê in Rom 8:14-17 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Hiermee saam het weet ek ook dat Jesus Christus gekom het om stukkendes heel te maak en slawe te bevry.
My ervaring met die hantering van angs, vrees en depressie het gevloei vanuit meer as 1500 pastorale gesprekke wat ek gehad het met mense in my kantoor tydens die laaste 4 jaar in die voltydse bediening vanaf 2014-2018.
Waarom ek op ouderdom van 67 jaar nog passievol is oor Re-Group Recovery en die sukses daarvan (alle eer aan die Lewende God) is bloot net die feit dat daar vir my niks mooier en meer bevredigend is as om te sien hoe ons groot Skepper God gebrokenes heelmaak en bevry nie!!
Solank Jesus Christus leef is daar hoop vir alle verlorenes en solank as wat ons Groot God my “bless” met energie en gesondheid, sal ek hierdie bediening uitleef tot Sy eer!!
My eerlike opinie aangaande Methadone is dat dit as ‘n kruk gebruik kan word oor die korttermyn om heroïne verslawing te help oorkom.
Soos ‘n kruk tydens ‘n begreekte been en gips aan ‘n gebreekte arm, is dit net tydelik en behoort nie oor die langtermyn gebruik te word nie. Methadone is ook maar net ‘n opiaat en verslawend oor die langtermyn. Om een verslawing met ‘n ander te vervang is nie die oplossing nie, bloot net “crossaddiction.”
Methadone, sold under the brand name Dolophine among others, is an opioid used for opioid maintenance therapy in opioid dependence and for chronic pain management. Detoxification using methadone can be accomplished in less than a month, or it may be done gradually over as long as six months. Wikipedia
Om vry te kom van enige verslawing vereis ‘n wilsbesluit en die kragwerking van die Heilige Gees spruitend vanuit ‘n lewe in Christus Jesus!!! Gekoppel aan Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
Die feit dat Metadone op voorskrif verkrygbaar is, maak dit geensins minder gevaarlik nie aangesien statistieke bewys dat daar 8% meer mense veslaaf is aan voorskrifmedikasie as aan straatdwelms. Die voorskrif maak dit dalk “wettig” maar verminder nie die verslawingsfaktor nie.
Baie pynstillers bevat codeine wat as opiaat hoogs verslawend is. Meeste anti-depressante en kalmeer pilletjies asook slaappille is verslawend. Self die Ritalin en Concerta wat so maklik vir kinders voorgeskryf word, word deur Wikipaedia beskryf as “Addictive Euphorics.”
