News

Familie in trane toe ‘Seuntjie’ aan hulle terugbesorg is

Toe die Maritz gesin se hond, Seuntjie, weggeraak het was daar nêrens waar die gesin nie gesoek het nie.

Wanneer ‘n volwasse man met ‘n knop in sy keel, bel vir hulp, dan weet jy dis ware liefde.
Volgens sy 14-jarige dogter, het Zane Maritz dag en nag sonder ophou gesoek.

Die familie het pamflette die dorp vol opgeplak, www.mobserver.co.za genader, ‘n R1000 beloning aangebied… Selfs die plaaslike sekuriteitsmaatskappye het betrokke geraak in die soektog.
En dit was tog nie verniet nie.

Zane het verlig laat weet dat hulle uiteindelik vir Seuntjie terug gekry het na vyf dae se soek.

Die hondjie, wat in Clubville verlore geraak het, is uiteindelik in Aerorand, deur inwoners gevang en in hulle erf gehou.

Mariette Maritz vertel hoe Zane, wat in Phalaborwa werk, op pad was met hokke wat hy by die DBV geleen het, om Seuntjie te vang.
Die woef is ‘n paar keer in die soektog raakgesien, maar was so verwilderd dat hy nie eers sy mense se stemme herken het nie, het Mariette vertel.

In Vrydagaand se koue reën, toe Zane terugkeer van Phalaborwa af, is hulle reguit strate toe.

“Toe ek my man in trane sien, toe kon ek ook nie meer keer nie,” vertel Mariette.

“Soveel mense het gebel en gesê hulle het hom, maar wanneer ons daar aankom, dan het hulle hom net gesien en dan was hy weer skoonveld. Toe die inwoners in Aerorand hulle gebel het, het Zane sommer reguit gevra, het julle hom, of het julle hom net gesien.”

Toe Mariette gevra is of die mense die beloning ontvang het laat sy weet dat hulle dit geweier het.

“Hulle wou niks weet van ons geld nie, maar ons skuld hulle wel ‘n braai.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button