News

Maer Attie rank hoog

In die vroeë 1970’s mag jy nie opgetel geword het in die lynstaan nie, jy het sommer vanself so hoog gespring!

Met sy geraamde onthou-foto stap Attie Britz by die redaksiekantoor in en vertel van die “lekker ou dae” op die rugbyvelde.
Dié foto laat sy hart warm klop, want daardie skraal jong man wat so hoog spring “is ek!” vertel hy trots.

Attie was in 1972 deel van die eerste rugbyspan van Hoërskool Ermelo. Later het hy vir die Suidoos o/20 span en vir Koolvelde uitgedraf.
Hy was maar nog ’n steeds maer outjie toe hy as deel van die Koolveldespan uitgedraf het teen Belfast.

“Die Belfast ouens het my sommer met die skouers omgestamp. Daar was ’n paar gróót manne in hul span.” Geen wonder die Belfast rugbyveld het bekend gestaan as die “Veld van die lang bome” nie.

Stix Steyn en Attie Britz het mekaar na meer as 40 jaar vir die eerste keer weer gesien. Stix het saam met hom in die eerstespan gespeel.

Met die wêreldrugby wat almal nou aan die kook het, verlang hy terug na die jare toe hy so hoog in die rugbylyn kon rank. Na vriendskap en kameraderie gedurende en na die wedstryde.
Dit is waarom hy die afgelope paar maande op Facebook na sy ou rugbymaats van Hoërskool Ermelo begin soek het en ook ’n reünie beplan.

Hy het juis verlede week vir Stix Steyn opgespoor en saam met hom by die Ermelo Rolbalklub gekuier.

Attie vra sy oud-spanmaats op hom te bel by 082 492 4495 (e-pos: attiebritz@telkomsa.net) sodat hy kan begin met reëlings vir ’n reünie.

•Sy spanmaats was: Pethri de Villiers (heelagter), Hekkie Swart (vleuel), Johnny le Roux (vleuel), Koot Werner (senter), Bombie Saaiman (senter), Dawid Diener (losskakel), Stix Steyn (skrumskakel), Louis Wolfaardt (haker), Cas van der Berg (voorry), Nick Brummer (voorry), Derick Altena (slot saam met Attie), Johan Landman (flank), Lourens Human (flank) en Majag van Rensburg (kaptein en agsteman).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button