News

VIDEO: Vee brand dood in helvuur – trok se spieël smelt

Diere het doodgebrand en duisend hektaar weiding is vernietig tydens ’n brand wat op ’n plaas in staatsbesit ontstaan het.

Die stuk grond langs die N4, naby Belfast, staan bekend as ‘die turksvyplaas’. Dit het van ’n suksesvolle turksvy boerdery na ’n onbewerkte stuk grond verval, sedert dit deur die staat aangekoop is. ’n Eens gesonde turksvyboord is as gevolg van die oorgroeide gras, na die naweek heeltemal vernietig deur die vuur.

’n Brand wat Saterdag op die plaas ontstaan het, het blitsig versprei na buurplase. Een van die boere wat probeer help het om die vuur te blus se meer as 15 000 hektaar is afgebrand. Die vuur het oor ’n teerpad, ’n grondpad en verskeie voorbrande gespring.

Op een boer se plaas het die trokke se spieëls van die hitte gesmelt.

Claire Burger sê dat hulle agter gekom het die tuinslang het gesmelt toe hulle dit as laaste uitweg wou gebruik om die huis teen die naderende vlamme te beskerm. Die hele huis was in rook gehul, maar die vuur kon geblus word, voor dit die huis verswelg.

Me Burger se perd het derdegraadse brandwonde op sy boud opgedoen en daar het verskeie kalwers op die Burgers se plaas dood gebrand. Hulle het na die vuur ook op die karkasse van kalfies afgekom wat dood gebrand is.

Dat huise op die plaas, sowel as voerbale, vir een of ander onverklaarbare rede nie gebrand het nie, word as ’n wonderwerk beskou.

Op die buurplaas van Willie Dougan het daar 11 Drakensbergerspeenkallers dood gebrand. Nog 30 is erg beseer.

“Dis verby. Al wat ons nou kan doen is om vir reën te bid. Met ’n gesukkel sal ons deurkom,” het mnr. Dougan aan www.mobserver.co.za gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button