News

Vrou soek man wat haar kakebeen afslaan

'n Vrou wat so erg deur haar eksman aangerand is dat sy permanente breinskade opgedoen het, is op soek na hom.

Jaco Pretorius is skuldig bevind aan poging tot moord op me. Hannetjie Smit nadat hy haar een aand by hul huis in Lydenburg ingewag het met ‘n glas drank in die hand.
Me. Smit sê dat sy haar bewussyn verloor het na die eerste paar houe gedurende Augustus 2006.

Haar regteroog is uit die oogkas geslaan en haar kakebeen op verskeie plekke gebreek.

Na die aanranding het Pretorius die huis gesluit en met me. Smit se voertuig op die vlug geslaan.
Sy is twee dae later bewusteloos op haar bed gekry, nadat werknemers van haar klerefabriek begin agterdogtig raak het.

Pretorius het skuldig gepleit en is tot 18 maande korrektiewe toesig gevonnis, nadat me. Smit die landdros gevra het om hom nie tronk toe te stuur nie, sodat hy die R7000 onderhoud en mediese dekking vir haar kon betaal.

Regter Cynthia Pretorius het in Maart 2011 beslis dat hy me. Smit R3.5 miljoen skadevergoeding moet betaal, omdat sy nooit weer sal kan werk nie, en haar klerefabriek, wat 20 mense in diens gehad het, moes sluit.

Pretorius was nie teenwoordig in die hof in die siviele geding nie. Hy het destyds te kenne gegee dat hy nie omgee wat die hof beslis nie, omdat hy platsak is.
Hy het intussen verdwyn en skuil moontlik in Mosambiek sê me. Smit, wat die hofbevel nou deur die balju van die hof wil laat afdwing.

Sy bly sedert die aanval op Middelburg.

Me. Smit vra die gemeenskap se hulp om Pretorius te help opspoor.

Persone wat weet waar hy hom bevind kan 082 889 7574 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button