News

Kar gevind wat gister geroof is

Die voertuig wat gister tydens ’n aanval by ’n huis in Middelburg geroof is, is later die dag verlate op die Stoffergpad gevind.

Die voertuig wat gister tydens ’n aanval by ’n huis in Middelburg geroof is, is later die dag verlate op die Stoffergpad gevind.

Me. Whelma du Toit is omstreeks 10:00 deur rowers by haar huis in Eikestraat, Kanonkop, aangeval.

Die rowers het haar ingewag toe sy by die voordeur uitgaan. Sy is só hard met ’n voorwerp agter die kop geslaan en in die gesig geslaan, dat die vel oopgekloof is.

Die booswigte het haar ook met pepersproei in die gesig gespuit.

Sy is in die kombuis op haar maag op die grond laat lê en haar hande is agter haar rug vasgebind.

Nadat hulle die huis geplunder het op soek na waardevolle items, het hulle met haar nuwe Ford Ecosport weggejaag.

Die voertuig is gistermiddag naby die Middelburg Honde-eenheid op die Stoffbergpad gevind.

Kapt. Khanyisile Zwane (polisiewoordvoerder) sê hulle is laatmiddag met die hulp van beriggewers gelei na ’n huis in Tokologo en is die huis deursoek, maar niemand gearresteer nie.

Die polisie is steeds besig om alle leidrade op te volg.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button