News

Skote klap toe motorfietse gesteel word in Middelburg

Twee gesteelde motorfietse is teruggevind nadat polisielede waarskuwingskote afgevuur het.

Polisielede het twee waarskuwingskote geskiet en kort daarna die twee gesteelde motorfietse opgespoor. Daar word vermoed dat die motorfietsdiewe hul buit net so gelos en laat spaander het toe die skote klap.

Mnr. Kobus Pretorius (van Van Blerkstraat, Clubville, Middelburg) was vol lof vir die vinnige optrede van die polisie en lede van die gemeenskapspolisiëringsforum nadat sy motorfietse blitsig teruggekry is.

Lees ook: Motorfiets in vroeë oggendure gesteel

Hy is laasnag omstreeks 01:30 gewek met die geblaf van hul klein hondjies.

motorfiets kobus
Boewe het twee van Kobus Pretorius se motorfietse probeer steel.

Mnr. Pretorius en sy seun het na buite gehardloop, waar hulle gesien het dat die motorhuis oopgeforseer en beide sy BMW motorfietse gesteel is.

Lees ook: R10 000 beloning om motorfiets terug te kry

Hy het dadelik die polisie en GPF gebel en was almal vinnig op die toneel.

Die area is gefynkam en een van die motorfietse is in die vlei op die hoek van Eeufees- en Totiusstraat gevind.

Lees ook: Gesteelde motorfiets tussen bosse gekry

Die booswigte het aan die bokant van die gholfbaan, aan Leipoldstraat se kant, ’n gat in die heining gesny waar hulle die motorfiets klaarblyk wou wegsteek. Hulle het egter die nag in verdwyn toe die polisie die waarskuwingskote geskiet het.

Mnr. Pretorius sê sy motorfietse het gelukkig geen skade opgedoen nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button