News

Verkeerschaos die naweek – duisende deur tolhek

Dit was nag op die paaie rondom Middelburg die naweek weens drukverkeer voor Erfenisdag van en na die Laeveld, en die sluiting van die N11 (Groblersdalpad) vir Saterdag se Loskop Fietstoer.

Die verkeer op die N4 het rondom middagete op Vrydag 20 September begin opbou.

Volgens Trac was daar op die Middelburg Tolpaza se besigste tye 2244 voertuie per uur na die Ooste, en 1484 voertuie per uur in die Westelike rigting.

Weens verskeie botsings en onklaar trokke, is verkeer op talle plekke op die N4 verder vertraag. Trac het ook verskeie waarskuwings uitgestuur dat verkeersvloei erg vertraag is by die grensposte soos Lebombo waar wagtye deurlopend gerapporteer is.

Minstens een noodlottige ongeluk digby Middelburg tussen die Samora Machel en Hendrina opritte van die hoofweg, het verkeersvloei Vrydagaand omstreeks 21:00 gestuit.

Vier mense is in dié trompop botsing dood.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/102191/four-killed-n4/

Maandag was verkeer tussen die Bergendal monument en Dalmanutha opgehou weens skietwerk op een van Trac se boupersele.

Daar word gewaarsku dat die roete teen die naweek weer drukbesig gaan wees.

Loskop fietstoer

Argief foto: Loskop padfietswedren.

Saterdag moes honderde inwoners urelank wag vir toegang tot die N11 Groblersdalpad weens die sluiting van die roete vir die Loskopdam fietstoer.

Die fietsrywers is Saterdag omstreeks 07:30 by Hoërskool Kanonkop afgesit vir die jaarlikse fietsren tussen Middelburg en Groblersdal, waar die verste ryers moes omdraai terug dam toe.

Die pad was gesluit van 06:45 tot 13:00. Grondeienaars op die roete is die gebruik van die N11 geweier gedurende die wedren.

Honderde ongelukkige inwoners het by die ingang van Dennesig saamgedrom om te wag vir die pad om oop te maak.

Die dorp se eerste Boerefees het op die roete plaasgevind, met besoekers wat nie kon deur nie.

Organiseerders van die fees het Maandag bevestig dat hulle tientalle klagtes ontvang het weens die sluiting, wat hulle meen beslis daaroe gelei het dat sekere besoekers maar omgedraai het.

Organiseerders kla dat die pad oopgemaak kon word, soos met die Loskop Marathon, sodra die laaste ryers uit die dorp was.

Volgens die fietsren organiseerder Jaap Beyers, is toestemming vir die padsluiting eers drie dae voor die wedren deur die nasionale paaie-agentskap gegee.

“Kommunikasie met die publiek oor die padsluiting sal volgende jaar vroeër gedoen word,” sê hy.

Hy sê dat motoriste wel deurgelaat is maar dat die veiligheid van die fietsryers baie belangrik is, daarom die sluiting.

Mnr. Beyers het motoriste bedank vir hulle geduld en gesê die fietsren lok honderde besoekers na die omgewing en kan in die toekoms een van die land se gewilde fietsrenne word, wat baie vir die dorp se ekonomie kan beteken.

Kliek hier vir die jongste nuus op ons webblad.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button