Inbrekers se nommerplaat op CCTV videomateriaal gekry
Die Volvo wat Donderdag gebruik is tydens ’n inbraak in Pilansberg (Aerorand) het toe nie ’ n GP-registrasienommer gehad nie, maar ’n Mpumalanga registrasienommer!

Die booswigte het met ’n koevoet toegang tot die huis verkry en ’n televisiestel en skootrekenaars gegryp.
Iets het hulle waarskynlik die skrik op die lyf gejaag en het hulle weggejaag in ’n wit Volvo.
Kinders wat op fietse in die straat gery het, het gesê die voertuig het ’n GP-registrasienommer gehad.

CCTV Videomateriaal wat verkry is van inwoners wie se kameras op die straat wys, toon egter duidelik dat die voertuig ’n MP-registrasienommer het.
Mnr. Riaan Voges (by wie se huis ingebreek is) sê hy het reeds die besonderhede van die registrasienommer vir die ondersoekbeampte gegee. Die registrasienommer is FBN374MP.
•Daar is navraag gedoen by kapt. Khanyisile Zwane (polisiewoordvoerder) oor dié nuwe inligting, maar sy het nog nie teruggekom met ’n antwoord of daar al iemand gearresteer is of nie.
