News

VIDEO: Bedelaar raakgery en vier voertuie getref toe trok weghol

'n Bedelaar is raakgery en 'n motoris ernstig beseer toe 'n trok se remme onklaar geraak en vier voertuie getref het.

Die ongeluk het omstreeks 11:30 op die hoek van Samora Machel- en Mandelarylaan gebeur.

Volgens ooggetuies op die toneel het die trok van Bethal se rigting af die dorp ingery. Die verkeerslig was rooi.

Hy het waarskynlik besef die remme werk nie en hy gaan die voertuig voor hom tref, waarop hy in die aankomende verkeer ingery het.

Me. Petra du Plessis het die aankomende trok gesien en het probeer wegswenk, maar hy het steeds haar voertuig regs agter getref.

Hierna het die trok ook twee bakkies, ‘n Nissan NP300 en ‘n NP200, asook ‘n Ford Eco Sport getref.

Met www.mobserver.co.za se aankoms op die toneel, het van die insittendes van die voertuie geskok rondgeloop.

Die bedelaar en ‘n die bestuurder van die NP200 is beide met ernstige beserings per ambulans hospitaal toe geneem.

Die ander motoriste en bestuurder van die trok het ligte beserings opgedoen.

  • Die pad is op die hoek van Samora Machel- en Verdoornstraat vir meer as ‘n uur gesluit, sodat opruimingswerk op die ongelukstoneel in Samora Machel- en Mandelarylaan gedoen kon word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button